Nigel Tuiste vir Bejaardes

Soek

Go to content

Versorgingseenheid

Akkommodasie

Die versorgingseenheid huisves persone in verskillende stadia van verswaktheid.

In die
selfversorgende afdeling word Bejaardes, wat nog tot ‘n groot mate onafhanklik is in hulle algemene daaglikse aktiwiteite soos, was, aantrek, beweeg en eet in gerieflike, sonnige enkelkamers gehuisves. Egpare of mense van dieselfde geslag word in dubbelkamers gehuisves.

Selfversorgende Afdeling
Selfversorgende Afdeling
Semi-verswakte Afdeling

Die semi-verswakte afdeling huisves persone wat reeds hulp nodig het met was, aantrek en beweging.

sr Martie Gammie

Hierdie twee afdelings staan onder toesig van ‘n gekwalifiseerde verpleegkundige, sr Martie Gammie, asook enkele ander hulpverpleegsters.

Verswakte Bejaardes, waarvan baie bed- of kamergebonde gebonde is, word in die verswakte eenheid omvattend versorg. Sommige is ook van permanente suurstofvoorsiening afhanklik, en ander word selfs gevoer.

Verswakte Sorg
Permanente Suurstofvoorsiening

In 2007 is ‘n Alzheimer-eenheid ingerig weens die geweldige behoefte aan hierdie soort sorg. Dit is algaande uitgebrei sodat daar tans fasiliteite vir 22 Alzheimer-pasiënte is.

Die inwoners van
“Sonland” (so genoem, omdat daar soveel liefde en vreugde uitgedeel en ontvang word) word daagliks gestimuleer met speletjies, soos blokkies- en legkaartbou, sagte speelgoed en bekende aktiwiteite, soos brei en hekel-werk.

Sonland
Sonland
Sonland

Bogenoemde twee afdelings word afwisselend deur twee geregistreerde verpleegkundiges bestuur, sodat daar daagliks ten minste een gekwalifiseerde verpleegkundige aan diens is. Hulle word bygestaan deur bekwame en toegewyde stafverpleegsters, assistentverpleegsters en verpleeghulpe. Daar word 24-uur mediese sorg en toesig in die versorgingseenheid gelewer.


Sub-Menu:


Back to content | Back to main menu