Nigel Tuiste vir Bejaardes

Soek

Go to content

Verblyfregeenhede

Akkommodasie

Goue Jare aftree-oord is wooneenhede van verskillende groottes waarvan die okkupasiereg verkoop word. Okkupasiereg behels lewensreg vir die oorspronklike kopers, wat nie oordraagbaar is na erfgename nie. Lewensreg kom tot ‘n einde wanneer die langslewende te sterwe kom, of wanneer die eienaars nie meer in staat is om na hulself om te sien nie. Negentig persent (90%) van die oorspronklike koopprys sal binne ses maande nadat die ooreenkoms tot ‘n einde gekom het, aan die boedel of aan die kopers terugbetaal word na gelang van omstandighede.

Ruim een – en tweeslaapkamereenhede van verskillende groottes word aangebied. Eenslaapkamer-eenhede beskik oor ‘n motorafdak, terwyl tweeslaapkamer-eenhede oor ‘n sluitbare motorhuis beskik. ‘n Heffing in verhouding tot die grootte van elke wooneenheid betaal vir dienste soos munisipale dienste, versekering, sekuriteit, onderhoud, tuindienste, en dies meer, terwyl elektrisiteit deur middel van voorafbetaalde kragmeters, waarvan die koepons by die administratiewe kantoor verkry kan word, voorsien word.


A
1 SLAAPKAMER WOONSTEL MET AFDAK a


1½SLAAPKAMER WOONSTEL MET AFDAKa


A
2 SLAAPKAMER WOONSTEL MET M/HUIS (KLEIN)a


A
2 SLAAPKAMER WOONSTEL MET M/HUIS (MEDIUM)a


A
2 SLAAPKAMER WOONSTEL MET M/HUIS (GROOT)a

Dieselfde dienste wat aangebied word vir die huur wooneenhede, nl interkomverbinding met die dienskamer, nood mediese dienste, maaltye, kliniekdienste en vervoer is ook vir Goue Jare-inwoners beskikbaar.


Sub-Menu:


Back to content | Back to main menu