Nigel Tuiste vir Bejaardes

Soek

Go to content

Huureenhede

Akkommodasie

Die Tuiste vir Bejaardes, Nigel, akkommodeer verder selfversorgende, enkellopende Bejaardes in netjiese enkel wooneenhede teen redelike tariewe. Verskillende weergawes van die enkeleenhede word aangebied waarvan die uitleg, die badgeriewe en tariewe die grootste verskille is.

AENKELWOONSTEL - TIPE Aa


A
ENKELWOONSTEL - TIPE Ba


A
ENKELWOONSTEL - TIPE Ca

Egpare word in ouer sowel as in moderne eenslaapkamer huur wooneenhede gehuisves. Ouer eenhede beskik oor baddens, terwyl die nuwe eenhede oor storte beskik. Die nuwe eenhede beskik verder oor koppelpunte vir ‘n wasmasjien, ‘n privaat agterplaas met wasgoedlyn, asook onderdak parkeergeriewe (ingesluit by die huur).


A
1 SLAAPKAMER WOONSTEL - TIPE Aa


A
1 SLAAPKAMER WOONSTEL - TIPE Ba

Daar is ook tweeslaapkamereenhede te huur, wat behalwe die tweede slaapkamer oor dieselfde geriewe beskik as laasgenoemde eenslaapkamereenhede.


A
2 SLAAPKAMER WOONSTELa

Die huur van al bogenoemde selfsorg wooneenhede sluit watervoorsiening, tuindienste, mediesenooddienste op aanvraag, 24 uur sekuriteit, en dies meer in, terwyl krag deurmiddel van vooraf betaalde kragmeters voorsien word, waarvan die kragkoepons by die administratiewe kantoor te koop is. Middagetes is ook op aanvraag beskikbaar teen minimale koste, terwyl ander dienste soos voetversorging, bloeddrukmeting en bloedsuikertoetsing, asook haarsalondienste op die terrein beskikbaar is teen minimale koste.


Back to content | Back to main menu