Nigel Tuiste vir Bejaardes

Soek

Go to content

Dienste

Drie maaltye per dag, waarvan afwisselende spyskaarte deur geregistreerde dieetkundiges saamgestel is, word in twee netjiese eetsale bedien, terwyl verversings gereeld tussen maaltye in die kamers bedien word.

Die Tuiste beskik ook oor ‘n doelmatige wassery waar inwoners se klere beurtelings vir die onderskeie afdelings gewas word.

Ander dienste wat gelewer word, is haarkappery, voetversorging en die neem van bloeddruk en bloedsuikertoetse.

Eetsaal - selversorgingseenheid
Eetsaal - Verswakte Afdeling
Gereelde Verversings regdeur die dag.
Bestuur van medikasie

Die Tuiste beskik ook oor ‘n doelmatige wassery waar inwoners se klere beurtelings vir die onderskeie afdelings gewas word. Ander dienste wat gelewer word, is haarkappery, voetversorging en die neem van bloeddruk en bloedsuikertoetse.

Die gevaar van kragonderbrekings word afgeweer deur ‘n funksionele kragopwekker, wat outomaties aanskakel sodra ‘n kragonderbreking voorkom.

Haarkappery
Neem van bloeddruk
Ononderbroke Krag
Washuis

Gratis weeklikse vervoer na en van die dorp is ‘n verdere diens wat gebied word aan diegene wat nie oor vervoer beskik nie, terwyl ‘n minimale fooi gehef word op vervoer vir ander doeleindes, bv na ‘n geneesheer se spreekkamers op ander tye gedurende die week.


Back to content | Back to main menu