Kopiereg©Toca 2015/ Copyright©Toca 2015

IndexAkkomodasieAktiwiteiteDiensteNuusKontak Ons

HUUREENHEDE/ RENTAL UNITS


Die Tuiste vir Bejaardes, Nigel, akkommodeer verder selfversorgende, enkellopende Bejaardes in netjiese enkel wooneenhede teen redelike tariewe.  Verskillende weergawes van die enkeleenhede word aangebied waarvan die uitleg, die badgeriewe en tariewe die grootste verskille is.

        

Egpare word in ouer sowel as in moderne eenslaapkamer huur wooneenhede gehuisves.  Ouer eenhede beskik oor baddens, terwyl die nuwe eenhede oor storte beskik.  Die nuwe eenhede beskik verder oor koppelpunte vir ‘n wasmasjien, ‘n privaat agterplaas met wasgoedlyn, asook onderdak parkeergeriewe (ingesluit by die huur).


Daar is ook tweeslaapkamereenhede te huur, wat behalwe die tweede slaapkamer oor dieselfde geriewe beskik as laasgenoemde eenslaapkamereenhede.


Die huur van al bogenoemde selfsorg wooneenhede sluit watervoorsiening, tuindienste, mediesenooddienste op aanvraag, 24 uur sekuriteit, en dies meer in, terwyl krag deurmiddel van vooraf betaalde kragmeters voorsien word, waarvan die kragkoepons by die administratiewe kantoor te koop is.  Middagetes is ook op aanvraag beskikbaar teen minimale koste, terwyl ander dienste soos voetversorging, bloeddrukmeting en bloedsuikertoetsing, asook haarsalondienste op die terrein beskikbaar is teen minimale koste.  

RENTAL UNITS

The Nigel Home for the Aged, accommodates self supporting single elderly people in neat bachelor units at reasonable tariffs.  Different layout of the bachelor units are on offer, of which the construction, bathroom facilities and tariffs are the biggest differences. Please see diagrams.


Married couples are lodged in the older as well as in the modern one-bedroom tenements.  Older units are provided with baths, while the new ones have showers.  The new units also have connections for a washing-machine, a private yard with a washing-line as well as a shelter for parking (included in the rent).



DSCN1263.JPGDSCN1250.JPGDSCN1250.JPGDSCN1266.JPG